Matriekknoeiery: Twee amptenare geskors

Die 40 leerlinge wat tydens verlede jaar se matriek-eindeksamen geknoei het, se uitslae in die betrokke vakke sal hangende tugstappe weerhou word.

Diegene wat ouer as 18 is, kan boonop – nes die betrokke amptenare – strafregtelik vervolg word.

Die departement van basiese onderwys het Vrydag die bevindinge bekendgemaak van die nasionale ondersoektaakspan wat die uitlek van sewe vraestelle bekyk het.

Die departement sê die verspreiding was beperk en dat die handjievol oortreders nie die oorgrote meerderheid eerlike matrikulante se prestasie moet bederf nie.

You May Also Like