Die matriekuitslae van 2024 sal volgende week in die media gepubliseer word.
Die Hooggeregshof in Pretoria het Woensdag die Inligtingsreguleerder se dringende aansoek hieroor van die hand gewys.
Die reguleerder is egter steeds van plan om te probeer verhoed dat die uitslae in die toekoms gepubliseer word.
Hulle meen dis 'n skending van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting.
Die aansoek is deur die Basiese Onderwysdepartement en ses ander respondente teengestaan.