MARSHALLTOWN, GAUTENG - Mense wat uit vensters spring om voor die vlamme te vlug.
Dis van die tonele wat hulle op die hoek van Albert- en Delvers-straat in Marshalltown in Johannesburg afgespeel het waar 'n vyf-verdieping-gebou aan die brand was.
Sommige het met gebreekte bene daarvan afgekom, terwyl ander dit nie oorleef het nie, net soos die tientalle wat binne verkool het.
Minstens 73 mense, onder wie 13 kinders, het met hulle lewens geboet.