Melktertdag gevier: "Dit het ons trooskos geword"

PRETORIA, GAUTENG - eNuus het gaan ondersoek instel na die reuk van kaneel wat in die lug gehang het.

Ons het vasgestel dis weens Nasionale Melktertdag wat landwyd gevier is.

Hiermee word Suid-Afrikaners aangemoedig om dié lekkerny te bak of te koop, uit te deel en te geniet.

Die Felicitas Skool vir leerlinge met spesiale behoeftes het melkterte by Laerskool Jan van Riebeeck in Springs en Laerskool Concordia in Boksburg afgelewer.

You May Also Like