Mense stroom na dié provinsies, maar nie almal beplan

JOHANNESBURG, GAUTENG - Die toestroming van mense na provinsies wat nie voldoende daarvoor beplan nie, kan katastrofiese gevolge hê.

Só meen 'n kenner in regeerkunde nadat die jongste sensusverslag deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is.

Daarvolgens is daar nou meer as 62 miljoen mense in Suid-Afrika, wat 10,3 miljoen meer is as tydens die vorige sensus in 2011.

Gauteng is steeds die provinsie met die grootste bevolking, wat infrastruktuur soos hospitale en skole toenemend onder druk plaas.

You May Also Like