DStv Channel 403 Thursday, 25 April 2024

Mike Bolhuis: Thabo Bester-ontsnapping is haarfyn beplan

Die spesialis-ondersoeker sê daar is 'n kans dat Bester en sy vriendin, dokter Nandipha Magudumana, reeds die land verlaat het.

JOHANNESBURG, GAUTENG - Dit gaan baie moeilik wees om die ontsnapte facebookverkragter en -moordenaar, Thabo Bester, en sy lewensmaat, dokter Nandipha Magudumana, vas te trek.

So sê die spesialisondersoeker Mike Bolhuis.

Bester en Magudumana het spoorloos verdwyn nadat dit onlangs aan die lig gekom het dat hy vermoedelik in Mei verlede jaar uit die Mangaung-korrektiewe sentrum ontsnap het.

'n Ondersoek het aanvanklik bevind dat Bester in die tronk selfmoord gepleeg het deur homself aan die brand te steek.

Maar die departement van Korrektiewe Dienste het verlede naweek bevestig dat dit nie sy lyk is wat na die brand gevind is nie.

Paid Content