Kempton Park-hospitaal staan al byna drie dekades leeg, maar net om die gebou op te pas, vreet jaarliks miljoene van belastingbetalers se geld.
Terwyl die sogenaamde spookhospitaal al meer bouvallig word, pleit nabye gemeenskappe dat dit heropen word, omdat hulle desperaat is vir gesondheidsorg.