DStv Channel 403 Friday, 08 November 2024

Miljoene in drein af, steeds geen oplossing vir rioolkrisis in Krugersdorp

Miljoene in drein af, steeds geen oplossing vir rioolkrisis in Krugersdorp

KRUGERSDORP, GAUTENG - Die watersituasie in Krugersdorp het in ‘n volskaalse krisis ontaard.

Dit aldus inwoners en gemeenskaporganisasies, wat waarsku ‘n gesondheidsramp kan volg as daar nie dringend ingegryp word nie.

Rou riool word in riviere en woongebiede gestort nadat een van die watersuiweringswerke gevandaliseer is. 

Die probleem het egter ‘n jarelange aanloop, met selfs president Cyril Ramaphosa wat nou vir ingryping gevra het. 

En hoewel miljoene rand al spandeer is, is geen oplossing in sig nie. 

Paid Content