Minister sê sperdatum vir SASSA-kaartomskakeling is nie haalbaar nie

KAAPSTAD - Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Nokuzola Tolashe, is nie beïndruk met die vertragings wat begunstigdes moet trotseer om hulle goue Sassa-kaarte na swart Postbank-kaarte te laat omskakel nie.

Die proses word gekenmerk deur ellelange toue en reusefrustrasie.

Die minister het inspeksies in dele van die Wes-Kaap gedoen en sê die proses stel haar departement in 'n swak lig.

You May Also Like