Makhanda, Oos-Kaap - Die minister van basiese onderwys wil hê dit moet verpligtend word om alle skoolpersoneel se name teen die seksoortredersregister na te gaan.
Dit volg op die verkragting van 'n sewejarige dogtertjie by haar skool in die Oos-Kaap.
Minister Siviwe Gwarube het die Uyinene Mrwetyana-gedenklesing in Makhanda gelewer, ter herinnering van die jong vrou wat in 2019 by 'n poskantoor in Claremont, Kaapstad verkrag en vermoor is.