“Misdaad in ons buurt neem toe tydens beurtkrag. Skeld ons kwyt!”

KAAPSTAD, WES-KAAP - Al hoe meer gemeenskappe ondervind dat daar 'n direkte verband bestaan tussen beurtkrag en 'n toename in misdaad in hulle woonbuurte.

Inwoners van Delft in Kaapstad vra nou om hierdie rede dat hulle gedeeltelik van beurtkrag kwytgeskeld word.

Hulle sê misdaad vier veral hoogty wanneer beurtkrag snags in hul omgewing ingestel word.

You May Also Like