Misdaadbestryders in Mitchells Plain hoop meer idees van meer belanghebbendes sal help om dié berugte buurt op die Kaapse Vlakte te beveilig.
Die Wes-Kaapse regering se departement vir Polisietoesig en Gemeenskapsveiligheid is besig om 'n pasgemaakte strategie te finaliseer om misdaad daar te probeer uitroei.