Mitchells Plain-inwoners vreesbevange ná sluipmoord op bendeleier

KAAPSTAD - Meer polisiebeamptes is na Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte ontplooi ná die sluipmoord op 'n voormalige leier van die Americans-bende.

Die 55-jarige Mogamat Madatt is Maandagmiddag in Tafelsig doodgeskiet in wat die polisie as 'n bendeverwante skietery beskryf.

Inwoners sê hulle vrees vir hul lewens aangesien skietvoorvalle al hoe meer gereeld daar voorkom.

Paid Content