Johannesburg, Gauteng - Die MK-party sê die huidige regering sluit miljoene Suid-Afrikaners uit en kan daarom nie 'n regering van nasionale eenheid genoem word nie.
Die party en hul leier, oudpresident Jacob Zuma, wil die SAUK dwing om nie meer na die Regering van Nasionale eenheid te verwys nie.
Hulle meen die openbare uitsaaier se gebruik van die term is ongrondwetlik.