MK-tweespalt kan moontlik hul kanse by stembus knou

Met net meer as drie weke oor voor die verkiesing woed daar nie net 'n fel stryd tussen politieke partye nie, maar ook in partygeledere.

Die uitgeskopte stigterslid van die MK-party, Jabulani Khumalo, het die OVK versoek om oudpresident Jacob Zuma van dié party se kandidaatlys te verwyder.

Die OVK sê egter Khumalo is nie by magte om versoeke aan hulle te rig nie, omdat Zuma volgens hulle rekords MK se geregistreerde leier is.

Khumalo het Zuma ook in 'n brief verwittig van sy voorlopige skorsing uit die party, omdat die oudpresident hom glo aan wangedrag skuldig gemaak het.

Paid Content