Mmusi Maimane praat oor sy nuwe party

Mmusi Maimane verduidelik hoe hy beplan om van sy nuwe party ‘n sukses te maak, minder as twee jaar voor die algemene verkiesing in 2024.

Mmusi Maimane het skaars sy nuwe politieke party bekendgestel, of kritici het hom reeds begin looi.

Talle sê die naam Build One South Africa, of BOSA in kort, is nie weldeurdag nie want dit klink darem maar net té veel soos die omstrede maatskappy Bosasa, wat by staatskaping betrek is.

Ander sê Maimane, ‘n voormalige DA-leier, moes eerder met Herman Mashaba kragte saamgespan en by ActionSA aangesluit het; en dat hy nou die opposisiestem verder gaan verdeel.

Paid Content