By die polisiekollege is sy as die beste algehele student én die fiksste vroulike rekruut aangewys.
Nou is konstabel Monica Delport van Sasolburg een van die land se mees belowende polisielede.
As deel van Jeugmaand, het die SAPD die 28-jarige polisievrou vereer vir haar buitengewone bydrae tot soek-en-reddingspogings in die Vrystaat.
Delport se doelwit is om as polisieduiker te kwalifiseer en by die honde-soek-en-reddingseenheid betrokke te raak.