Mosselbaai-brande: Beduidende vordering gemaak

Brandbestryders swoeg steeds, maar die veldbrand wat sedert Maandag in Mosselbaai woed, is grootliks onder beheer.

Die vlamme het reeds tien huise in die Vakansieplaas-gemeenskap vernietig, en verskeie gesinne ontheem.

Spanne van Eskom is op die toneel om skade aan elektrisiteitsinfrastruktuur te herstel.

Die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, het die gebied besoek en sĂȘ die algehele situasie het beduidend verbeter.

Meer as 23 vierkante kilometer grond is verskroei.

eNuus se verslaggewer Kevin Brandt bring die jongste inligting vanaf die Tuinroete.

You May Also Like