Mosselbaai-brande: Wind bemoeilik sake

Brandbestryding in die Mosselbaai-gebied duur voort, met veranderende windtoestande wat sake bemoeilik.

Plaaslike owerhede sê ’n brand wat vroeër hierdie week uitgebreek het, is onder beheer, maar nog nie volledig geblus nie.

Verskeie huise in Island View, Vakansieplaas en Aalwyndal is geraak, maar geen sterftes is aangemeld nie.

Kevin Brandt doen verslag.

You May Also Like