DStv Channel 403 Wednesday, 18 February 2026

Musiekman maak dié plan met KI-tameletjie

Musiek wat met kunsmatige intelligensie gegenereer word, is 'n etiese tameletjie waaroor kunstenaars en aanhangers verdeeld is. Dié tegnologie maak dit vir enigiemand moontlik om met die druk van 'n knoppie spotgoedkoop 'n lied te genereer. Die spoed waarteen dit gedoen word, beteken dié genereerders het 'n onregverdige voordeel bó kunstenaars wat maande lank aan oorspronklike musiek werk - en duisende rande opdok om dit te vervaardig. In reaksie hierop het 'n Afrikaanse musikant 'n inisiatief begin waarop mense oorspronklike kuns-inhoud op 'n meer volhoubare manier kan ondersteun.
 

You May Also Like