’n Kleurvolle huldeblyk aan Anika de Beer

Geliefdes van die meteoreoloog en weeraanbieder, Anika de Beer, het kleurvol aangetrek om haar lewe tydens 'n gedenkdiens in Pretoria te vier.

De Beer is op 26 Oktober oorlede ná 'n vyf jaar lange stryd teen melanoomkanker, wat later versprei het.

Die 33-jarige het tot kort voor haar dood nog die weervoorspellings op kykNET se Ontbytsake behartig.

Duisende mense het ook aanlyn ingeskakel om die gedenkdiens te volg.

De Beer is veral onthou vir haar geloof en lewensvreugde, selfs tydens haar siekte.

You May Also Like