Meer as 50 vroue met intellektuele gestremdhede, moet binnekort die enigste huis wat hulle ken groet en van hulle vriende afskeid neem.
Die eiendom in Johannesburg, waarop die San Salvador-tehuis al 90 jaar geleë is, is deur die kerk St. Mary's Convent of the Sacred Heart vir kommersiële ontwikkeling verkoop.
Benewens die inwoners wat permanent hier woon en versorg word, bied die tehuis ook werkwinkels aan vir gestremde mans en vroue van die township Alexandra.
Die bestuur spook die afgelope paar maande om die kwesbare mense elders te vestig.