Hennie Vorster sê ouers moet hulle kinders dophou en ingryp wanneer dit nodig is.
5 November was Nasionale Kinderdag, wat jaarliks op die eerste Saterdag in November gevier word.
Volgens die regering is die doel van dié dag om te fokus op die uitdagings wat kinders in die gesig staar, én die verwesenliking en bevordering van hul regte.
eNuus het met 'n opvoedkundige sielkundige gepraat wat sê gesonde gesinne en betrokke ouers is van die belangrikste elemente wat ‘n kind hul potensiaal help bereik.