KAAPSTAD, WES-KAAP - Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word 74% van alle sterftes wêreldwyd deur nie-oordraagbare siektes veroorsaak.
Een navorsingsinstelling in Kaapstad fokus daarom met goeie rede op die effektiewe opsporing en behandeling van kardiometaboliese siektes.
Dit sluit toestande soos vetsug, diabetes, hoë bloeddruk, en kardiovaskulêre kwale in.