DStv Channel 403 Friday, 19 April 2024

Negejarige se boereplan beïndruk by Nampo

Deelnemers aan 2023 se Boereplanne-kompetisie het weer gewys 'n boer se hande staan vir niks verkeerd nie.

BOTHAVILLE, VRYSTAAT - Die sêding lui "'n boer maak 'n plan" en by Nampo-Oesdag het die boere weer daad by die woord gevoeg.
Die Boereplanne-kompetisie is vanjaar vir die 35ste keer aangebied en het groot aftrek onder deelnemers én besoekers geniet.
Boere kry hier die geleentheid om in vyf kategorieë te wys watter implemente, gereedskap en ander hulpmiddels hulle uitgedink het om probleme op die plaas mee op te los.

Paid Content