DStv Channel 403 Saturday, 27 April 2024

Nehawu skop vas oor staking

Nehawu-lede staak sedert verlede Maandag oor salarisverhogings en is nie van plan om die aftog te blaas nie.

Die Arbeidshof het Maandagoggend 'n interdik toegestaan wat noodsaaklike werkers van die vakbond Nehawu verbied om met hul staking by hospitale en klinieke voort te gaan.

Dit volg nadat militêre gesondheidswerkers by staatshospitale landwyd ontplooi is.

Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê meer as vier mense is al weens die staking dood.

Hy kon nie die presiese dodetal bevestig nie, maar sê dit sluit kinders in.

Paid Content