GQEBERHA - Inwoners van Nelson Mandelabaai se noordelike gebiede is vasberade om bendegeweld in hul gemeenskappe hok te slaan.
Hulle het weereens die strate ingevaar, ’n week nadat hulle met die polisie gebots het tydens ’n betoging teen bendegeweld, toe twee gemeenskapsleiers ook in hegtenis geneem is.
Inwoners sê hulle sal nie dat enigiets in hul pad staan nie.