DStv Channel 403 Friday, 26 April 2024

“Nodige versoeningsprosse in SA nooit deurgevoer nie”

‘n Kenner in menseregte en politiek sê daar moet nog baie werk gedoen word om ware versoening tussen wit en swart in die land moontlik te maak.

Professor Christi van der Westhuizen sê die rassistiese gedrag van sommige wit Suid-Afrikaners, laat die vraag ontstaan oor of die Waarheids- en Versoeningskommissie effektief was of nie.

Sy sê gegewe dat wit mense baatgevind het by apartheid, het hulle ‘n spesifieke verantwoordelikheid om die nalatenskap van apartheid en alledaagse rassisme aan te spreek en hok te slaan.

Paid Content