Nóg ‘n Suid-Afrikaner verower Michelin-ster

Suid-Afrika spog nou met nóg ‘n sjef wat met ‘n gesogte Michelin-ster vir uitsonderlike kookkuns bekroon is.

Thinus van der Westhuizen, hoofsjef by die 99 Sushi Bar in Abu Dhabi, is die land se jongste kulinêre koning.

Van der Westhuizen, oorspronklik van Pretoria, bevind homself nou in ‘n uitgesoekte groep saam met net drie ander plaaslike sjefs wat met dié eer bekroon is - onder hulle die bekende Jan-Hendrik van der Westhuizen, eienaar van die restaurant JAN in Frankryk.                                                                    

You May Also Like