Nuwe Afrikaanse koerant op pad: "Ons moet hierdie een maak werk."

Ná 'n jaar in die koerant-woestyn kan Afrikaanse lesers weer na 'n weeklikse nuusblad uitsien.
'n Koerant genaamd "Die Papier" gaan vanaf volgende jaar Maart landwyd versprei word.
Die publikasie sal deur Novus Media gepubliseer word, wat ook die tydskrif Rooi Rose en verskeie gemeenskapskoerante uitgee.
Die nuus volg byna presies 'n jaar nadat die laaste papier-uitgawes van Beeld en Rapport die lig gesien het.
Beeld se laaste redakteur, Barnard Beukman, sal Die Papier lei.

You May Also Like