KAAPSTAD, WES-KAAP - Polisieminister Bheki Cele sê gemeenskappe in Kaapstad moet meer doen om die polisie te ondersteun.
Cele en senior polisiebeamptes het die Wes-Kaapse been van die misdaadbekampingsveldtog, Operasie Shanela, van stapel gestuur.
Dit behels onder meer padblokkades en klopjagte.
Plaaslike inwoners is egter skepties, en sê dit gaan meer as 'n veldtog kos om geweldsmisdaad hok te slaan.