Durban, KwaZulu-Natal - 'n Dringende inentingsveldtog is in die noorde van KwaZulu-Natal van stapel gestuur, weens 'n uitbreking van bek-en-klou-seer onder vee in die Amajuba-distrik.
Positiewe gevalle is in Newcastle aangemeld.
Daar is nou 'n verbod op die beweging van vee in die gebied.