POTCHEFSTROOM, NOORDWES - Van die beeldmateriaal in die volgende berig kan kykers ontstel.
Die Vrystaat en Noordwes steier die afgelope maand onder veldbrande wat verwoesting saai, en boere vrees die einde is nog nie in sig nie.
Honderdduisende hektaar het al afgebrand en talle diere wat erg beseer is, moes van kant gemaak word.
Die omvang van die skade moet nog bepaal word.
Landbou- en brandbestrydingsorganisasies doen nou 'n beroep op mense om hulle met skenkings by te staan.