Johannesburg, Gauteng - Suid-Afrika se elfde mediese skool sal na een van die land se mees invloedryke figure heet.
Die Noordwes-Universiteit het die Desmond Tutu Skool vir Medisyne by 'n funksie in Johannesburg bekendgestel.
Die skool sal binne die volgende drie jaar op die universiteit se Potchefstroomkampus gevestig word en die kurrikulum sal veral fokus op gesondheid in 'n Suid-Afrikaanse konteks.
Die koste van die projek beloop nagenoeg R3-miljard.