DENEYSVILLE - Inwoners, besigheidseienaars en boere langs die Vaalrivier sê die omvang van die onlangse oorstromings kon beperk word indien die damsluise reg bestuur is.
Twaalf van die Vaaldam se sluise is tans oop en vloedwater het op verskeie plekke grootskaalse skade aangerig.
Dele van onder meer Vanderbijlpark, Standerton, Bloemhof en Deneysville het oorstroom.
Die departement van water en sanitasie hou vol hulle en Rand Water het ná die swaar reënval die nodige bedryfsregulasies en prosedures gevolg.