'n Onafhanklike energiekenner sê fase 1 en 2 van AfriForum se plan wat verbruikers en gemeenskappe wil bemagtig, klink belowend.
Hy is egter skepties oor die plan om modulêre korrelbedreaktors te ontwikkel, en sê dis nuwe tegnologie waarvan die effektiwiteit nog nie op die langtermyn bewys is nie.
Boonop is daar opsies wat volgens hom vinniger verligting kan bied.