HOPEFIELD - Terwyl meer as sestig Suid-Afrikaners tot dusver uit Soedan ontruim is, woed die konflik in dié land voort en die gesondheidstelsel sukkel om by te hou met die toevloei van pasiënte.
Honderde is reeds dood en duisende gewond.
eNuus het gesels met Sharon Dreyer, wat vyf jaar in Soedan skoolgehou het en in dié konflik vasgekeer was.
Sy was ’n lid van 'n groep wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ontruim is.