'n Onderwyser kan 'n kind maak of breek – en op Wêreldonderwysersdag word diegene gevier wat nie net leerkragte is nie, maar ook rigtingwysers.
Die beheerliggaam-organisasie Fedsas het 'n paar bekende Suid-Afrikaners gevra hoe 'n onderwyser 'n verskil in hulle lewens gemaak het.
Sommige sê 'n onderwyser het die saadjie vir hul toekomstige loopbaan geplant, terwyl ander hulle bemoediging en liefde onthou.