KAAPSTAD - Die Departement van Water en Sanitasie sê die gety is besig om te draai as dit kom by swak finansiële bestuur.
Dit terwyl die Nasionale Tesourie tans 15 gevalle van onreëlmatige uitgawes binne die departement ondersoek.
'n Verstommende R8-miljard is betrokke.
Die departement moes Dinsdag vrae van die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, oftewel Skoor, beantwoord.