DStv Channel 403 Wednesday, 22 January 2025

Ontleder praat oor sosiale- en diensleweringskwessies in bruin gemeenskappe

Bruin gemeenskappe in Johannesburg, soos Westbury, Coronationville en Eldoradopark, sê hulle word deur die regering afgeskeep.

Hulle sê die kwessies wat hul gemeenskappe teister, onder meer bendegeweld, word nie aangespreek nie, en hul griewe oor dienslewering val aanhoudend op dowe ore.

Soortgelyke probleme kom voor in die Noordelike gebiede van die Nelson Mandelabaai-metro, en vir dekades lank al op die Kaapse Vlakte.

Met die 2026-munisipale verkiesing om die draai is die vraag nou watter impak die bruin stem op die politieke landskap gaan hê?

Die politieke ontleder en direkteur van programme by die Rivonia Circle, Tessa Dooms, het by eNuus aangesluit om hierdie onderwerp verder te ontleed.

Paid Content