Die twee mense wat Megan van der Zwan se laaste oomblikke aanskou het, het vandeesweek in die streekhof in Cullinan getuig. Van der Zwan is in 2018 deur een van die selfverklaarde "leeufluisteraar" Kevin Richardson se leeus aangeval. Richardson het op die betrokke dag met drie van sy leeus in die Dinokeng-reservaat gaan stap.
Die staat voer aan dit was 'n oortreding van sy permitvoorwaardes. Richardson het onskuldig gepleit op aanklagte van strafbare manslag, die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en die oortreding van die Wysigingswet op Diereaangeleenthede.