Oos-Kaap dankbaar vir reën, maar…

GQEBERHA - Die droogtegeteisterde Nelson Mandelabaai-metro se damme is na die onlangse swaar reën slegs 17% vol.

Terwyl die reën 'n welkome verligting is na agt jaar van erge droogte, het dit ook veroorsaak dat duisende mense haweloos is.

Volgens die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het die reën ook nie die opvanggebiede bereik nie.

Owerhede vra inwoners en besighede om steeds water te bespaar.

You May Also Like