DStv Channel 403 Saturday, 20 April 2024

Opkomende boere beloon vir hul harde werk

Die Zamukele-projek gee aan opkomende boere die geleentheid om hulself as kommersiële boere te vestig.

DELMAS - Ten spyte van 'n uitdagende jaar kon die Schoeman-boerderygroep in die laaste seisoen meer as 14 000 ton se witboontjies lewer.

Byna 10% van dié opbrengs is afkomstig van opkomende boere wat deel is van die groep se Zamukele-projek.

Die projek het die afgelope seisoen 63 opkomende boere in vyf provinsies ondersteun.

Die inisiatief se uitblinkers is Woensdag vereer.

Paid Content