Die Suidoosterfees het vanjaar weer kort en kragtige produksies aangebied vir diegene wat soveel as moontlik kuns en kultuur wou inpas.
Teen slegs R50 kon feesgangers uit verskeie vertonings in die Kort voor Lank-afdeling van die program kies.
Een gewilde produksie was "Ouma en Bettie kook!" - 'n komedie waarin twee vermaaklikheidsterre uit verskillende generasies saamspan.