BENONI, GAUTENG - Wees gewaarsku dat die inhoud van die volgende berig kykers kan ontstel.
Chaos het Maandag in die landdroshof in Benoni uitgebreek, toe 'n bedroefde pa sy dogtertjie se vermeende moordenaar probeer te lyf gaan het.
Die vierjarige Bokgabo Poo het op 10 Oktober verdwyn.
Haar been is die volgende dag in 'n vlak graf gevind, en haar verminkte lyk op 'n oop stuk veld 800 meter daarvandaan.