Israel het Gazastad die naweek gebombardeer en dosyne Palestyne is reeds dood.
Met die humanitêre ramp wat by die dag vererger, word Israel se optrede toenemend veroordeel.
Dr. Marthie Momberg is 'n navorser by die Beyers Naudé-sentrum vir Publieke Teologie.
In 2011 het sy namens die Wêreldraad van Kerke menseregtevergrype in Israel en Palestina gemoniteer en aangemeld.
Sy is ook die skrywer van die boek "21 Voices: Why the Palestinian Struggle is a Global Matter".
Momberg het haar insigte oor die krisis met eNuus gedeel.