Parys-inwoners eis regeringsoptrede oor watertekorte

Besighede en skole in Parys is Maandag gedwing om hul deure te sluit ná betogings oor watertekorte.

PARYS - Chaos het Maandag in Parys uitgebreek toe woedende inwoners die strate ingevaar het en die Vrystaatse dorp tot stilstand gedwing het.

Betogers is keelvol vir watertekorte en sê die Ngwathe-munisipaliteit laat hulle keer op keer in die steek.

Hulle eis nou dat die probleem op nasionale vlak aandag geniet.

Die munisipaliteit het nog nie op eNuus se versoek om kommentaar gereageer nie.

Paid Content