Peet Viljoen vir eers agter tralies

Die omstrede eertydse prokureur en realiteit-ster Peet Viljoen word deur byna 400 aanklagte van onder meer bedrog en diefstal in die gesig gestaar.
Viljoen, van The Real Housewives of Pretoria-faam, het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn. Hy is Dinsdagaand op die O.R. Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat hy uit die VSA gedeporteer is.
Viljoen en sy vrou, Mel, het gevra om terug te keer na Suid-Afrika nadat hulle in Maart in die VSA vir winkeldiefsal gearresteer is, en toe deur die Amerikaanse immigrasie-owerheid aangehou is.

You May Also Like