Die Jakarandastad spog met die beste en naasbeste skole in Gauteng.
Die Hoërskool Waterkloof het die Hoërskool Garsfontein om die tweede plek uitgestof.
Die Klofies was vroeg uit die vere om hul uitslae by die skool af te haal en dit saam met hul oudklasmaats te vier.
Ná die feesvieringe lê daar nou groot planne voor.