Prins Andrew – sy titels en herehuis kwyt

Die tweede seun van koningin Elizabeth en prins Philip sal voortaan as Andrew Mountbatten Windsor bekend staan.

Buckingham-paleis het gisteraand aangekondig die huidige monarg en sy broer, koning Charles, het met die proses begin om die voormalige prins van al sy koninklike titels te stroop.

Die 65-jarige Andrew is al lank in die spervuur oor sy bande met die veroordeelde seks-misdadiger, Jeffrey Epstein.

Nóg ernstige bewerings teen hom is vervat in Virginia Guiffre se memoires, wat verlede week postuum verskyn het.

Andrew ontken steeds enige aantygings van seksuele mishandeling.

You May Also Like